top of page
Language Sponsor Website Image.png

Welkom!

Laai Ses Oordenkings vir Nuwe Christene af.

Elkeen is gebaseer op ‘n belangrike pilaar van ons Christelike geloof, en is daarop gefokus om jou te help om finaal duidelikheid te kry en om lewenslank te groei gedurende jou reis saam met God.

 

Ons gebed is dat hierdie oordenkings seën in jou lewe sal bring en jou sal aanmoedig.
 

OOTW.1 1440x810.jpg

Die Belangrikste Besluit Van Jou Lewe

Meeste besluite in die lewe maak saak. Daar is egter net een wat die meeste saak maak. Begin hier as jy op soek is na 'n eenvoudige gids om hierdie merkwaardige besluit - God se gratis geskenk van redding - beter te verstaan. Oorgeneem uit die boek: “Out of this World; A Christian’s Guide to Growth and Purpose” deur David J. Swandt.

OOTW.2 1440x810.jpg

Gee vir God die Eerste Plek

Om vir God die eerste plek in ons lewens te gee, is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie…dit is ‘n lewenslange proses vir elke Christen. Of jy nou nuut is in die geloof, en of jy nou alreeds ‘n “veteraan” volgeling van Christus is, jy gaan vind dat hierdie plan maklik is om te verstaan en te implimenteer, en dat dit ‘n hoogs effektiewe strategie is vir ‘n Christelike oorwinningslewe.

OOTW.3 1440x810.jpg

Jou Beste Belegging!

Om ‘n geseënde en oorvloedige opbrengs te kry, begin met die regte belegging wat jy maak. As jy ‘n nuwe Christen is, is daar nie ‘n groter belegging wat jy kan maak in jou geloof nie as ‘n gereelde inname van die Woord van God. Dit begin hier; waar jy hulp kry om die Woord te Lees, te Verstaan en daagliks effektief Toe te Pas.

OOTW.4 1440x810.jpg

Jy HET ‘n Gebed!

Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en omgewings te sien. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose” geskryf deur David J. Swandt.

OOTW.5 1440x810.jpg

Lewe ‘n Doelgerigte Lewe!

‘n Vreugdevolle, doelgerigte lewe is gegrond op verhoudings, liefde en geloof. Indien jy graag meer duidelikheid wil hê oor God se plan vir jou lewe, neem dan deel aan hierdie plan; dit sal help om jou gefokus te hou om na hierdie plan te strewe en dit te ontdek. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose”, geskrywe deur David J. Swandt.

OOTW.6 1440x810.jpg

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier te doen op jou pad van geloof.

bottom of page